Geen rooskleurige inkleuring van die Suid-Afrikaanse realiteite gaan die onderliggende foutlyne ongedaan maak nie.
Ek is deel van die Afrikanergemeenskap in Suid-Afrika. Wanneer ek kommentaar lewer op die politiek, is my vertrekpunt altyd dat my kriterium vir (veral subjektiewe) beoordeling is dat die rasse- diskriminasie in my geboorteland teen my moet einde kry. Daar is hoofsaaklik drie prominente instellings wat poog om my belange polities, ekonomies en kultureel te beskerm en te bevorder (of dit is waarop hulle aanspreek maak), naamlik AfriForum,die Vryheidfront Plus en (meer indirek, maar tog) die DA. Wat ek nie verstaan nie, is dit: Wat hoop AfriForum om te bereik? Wat hoop die Vryheidsfront om te bereik? Wat gaan dit help om vir die Demokratiese Alliansie te stem? Die punt is dit: Wat wil die groter en meer prominente rolspelers in die geledere van Afrikaners in Suid-Afrika bereik? Daar was ʼn stryd tussen die voormalige setlaars en die plaaslike gemeenskappe van die land, wat uitgeloop het op die politieke skikking van 1994. Oënskynlik het dit gelei tot ʼn land waar almal gelyke regte gehad h...