Posts

Showing posts from January, 2026

Regstelling of Onderdrukking?

Image
Hoekom verset soveel Blanke Suid-Afrikaners (en, toenemend, van hulle Kleurling en Indiër landgenote) hulle teen regstellende aksie en ‘BBBEE’ (vrylik vertaal: Breë Gebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging). (Vir die doeleindes van hierdie Mening sal gerieflikheidshalwe verwys word na BBBEE, die meer bekende afkorting vir die Engelse Broad Based Black Economic Empowerment). Net ʼn gek wat in ontkenning leef sal die vernietigende impak van apartheid op die lewensomstandighede en ontwikkelingsgeleenthede van Swart Suid-Afrikaners probeer ontken. Het hierdie Blanke Suid-Afrikaners dan geen gewete, ʼn pligsbesef en ʼn drang om hulle landsgenote wat hulself as gevolg van blatante diskriminasie in armoede bevind, te help nie? Kan daar dan nie met reg gesê word, in die woorde van Dale McKinley, dat die huidige regering se reaksie op die ongelykhede in die land, geleë is in ʼn situasie waar ʼn kombinasie van die mees bedenklike eienskappe van kolonialisme en ekonomiese uitsluiting saamgekom het,...