Ek verwerp transformasie. Punt.
Ek ondersteun nie transformasie nie. Die sê-ding wat baie algemeen is, is iets soos: “Ons ondersteun nie Swart Ekonomiese Bemagtiging, met rigiede ras- teikens nie, maar ons ondersteun wel die regstelling van die ongeregtighede van die verlede.” (Die aanhaling is self-gemaak, en slegs ʼn voorbeeld). Selfs die sogenaamde “konserwatiewe stemme” in die land se breër sosiaal-politieke omgewing, soos die Vryheidsfront Plus, Solidariteit en AfriForum, maak baie gereeld (om die waarheid te sê, deurlopend) hierdie tipe opmerkings. Ek stem nie saam nie. Ek ondersteun nie hierdie sentiment nie. Laat ek die konteks regtrek: Ek ondersteun nie transformasie, soos dit in Suid-Afrika toegepas, en as die aanvaarde narratief bewoord word nie. Die aanvaarde moralistiese norm wat transformasie, soos toegepas in Suid-Afrika, ten grondslag lê, is dat diskriminasie teen Blanke Suid-Afrika noodsaaklik is om die diskriminasie teen nie-Blanke Suid-Afrikaners oor baie eeue, en spesifiek gedurende Apartheid, onge...