Oligargie
Daar is ʼn Engelse spreekwoord wat sê: ‘Power corrupts, and absolute power corrupts absolutely.’ Soms kan die Rooinekke baie slim wees. Hierdie is een van daardie gevalle, want hierdie spreekwoord is een van die geldigste wat ek nog ooit teëgekom het; dit het my betrokkenheid by, my belewenis van, die Suid-Afrikaanse geskiedenis -in-wording my geleer. Het u al ooit gehoor van ʼn staatsvorm bekend as ʼn oligargie ? Demokrasie, totalitarisme, kommunisme, sosialisme, kapitalisme is bekende begrippe waarmee enige terloopse politieke waarnemer bekend is, maar oligargie is minder algemeen. Vroeër jare, in Victoriaanse tye en vroeër was dit veel meer algemeen beoefen (alhoewel ek nie weet of hulle dit op daardie tydstip noodwendig as sulks geterminologiseer het nie). Die begrip ‘oligargie’ staan egter sentraal tot hierdie Kommentaar, daarom ag ek dit die moeite werd om dit vlugtig te verduidelik en te definieer. ʼn Oligargie is ʼn staatsvorm waar ʼn klein groepie regerende elite die staatsgesag mon...