Ideologie het werklikheid oorgeneem
Hier is ʼn groot probleem. Ideologie het werklikheid oorgeneem. Daar is ʼn vaste geloof onder nie-Blanke Suid-Afrikaners dat die gebrek aan ontwikkeling, die armoede waaraan hulle blootgestel is, ten minste ten dele terugvoer kan word na die gebrek aan transformasie sedert 1994; dat dit teruggevoer kan word na Wit Suid-Afrikaners se onwilligheid om hulle rykdom te deel. Blanke Suid-Afrikaners, onderwerp aan Swart Ekonomiese Bemagtiging, Gelyke Indiensneming en die verval in dienslewering in hulle leefwêreld, voel weer dat transformasie hopeloos te ver gegaan het. Wit Suid-Afrikaners soos ek glo dat ons onderwerp word aan blatante diskriminasie, wat ʼn direkte en werklike vernietigende invloed op ons lewens het. Deel van die probleem is dat Blanke Suid-Afrikaners slegs 8% van die land se bevolking uitmaak, en sedert 1994 nooit meer as 13% nie. Om die geleenthede van sê maar ʼn gemiddelde 10% van die bevolking te ontsê ten einde 90% te bemagtig, sal nooit, onder geen omstandighede, ooit geno...