Posts

Showing posts from April, 2026

Konformasie

Image
Die oorgrote meerderheid Afrikaners het die afgelope 32 jaar vir die Demokratiese Alliansie gestem; wel, om meer korrek te wees, hulle het vir die voormalige Nasionale Party gestem, totdat Kortbroek Van Schalkwyk dit finaal vernietig het, en soos sy mede Afrikanerleiers van die tyd, Roelf Meyer, Theuns Eloff, en Pik Botha, in boesem van die ANC se sagte arms (Kabinetposte en wêreldwye vererig) tot ruste gekom het. Maar, vir gewone Afrikaners, het die stryd toe maar begin. Een ding waaroor ek spyt is vanuit daardie tyd, vir myself, is die ongelooflike selfsug, die vrees wat ly tot konformasie, wat jou horende doof en sienend blind maak oor wat besig is om om jou te gebeur. Goeie kwalifikasies, ʼn geborge pos in die staatsdiens, en later jare ʼn loopbaan as onafhanklike bestuurskonsultant wat aanvanklik baie goed gegaan het, het my blind gemaak vir diegene wat so vroeg as in die negentig jare al die skerp kant van die politiek oorgawe wat gelei het tot ANC dominasie gevoel het. Aanvanklik ...

"Doen-Dit-Onself". Nie Moontlik Nie.

Image
Dienslewering stort in duie. Infrastruktuur verkrummel. Standaarde word deurlopend verlaag en voorgehou as die "aanvaarbare norm". En AfriForum, deesdae entoesiasties gesteun deur Max du Preez en ander uit die linkse enklawes, se oplossing is "Ons moet dit self doen; gemeenskappe moet self verantwoordelikheid aanvaar." Dit kan nie werk nie; nie op die langtermyn nie. Ons dit "te doen" is waarom daar 'n staat is. Dit sal nooit werk nie. In ʼn moderne, gesofistikeerde land is daar verdeling van funksies ten einde spesialisasie te bevorder, wat weer eenheidkoste van uitnemende resultate verlaag (en bekostigbaar maak). Jy is ʼn ingenieur omdat jy goed is met ontwerp; ʼn boekhouer omdat jy goed is met finansies. Dit is jou bydrae tot die gemeenskap. Om vullis te verwyder en sypaadjies in stand te hou is die werk van diegene wat daarvoor aangestel is - en waarvoor jy betaal. As jy nie ʼn brug ontwerp volgens spesifikasies nie, gaan ʼn vullisverwyderings spesialis...

Geskiedenis en Ras

Image
Afrikaners het baie om op trots te wees. Ons geskiedenis is oor die afgelope 32 jaar gereduseer tot Apartheid, en ons word deurlopend daaraan herinner dat ons skuld het om terug te betaal. Dit is uiters belangrik vir die regerende regime in die land, want dit gee legitimiteit aan hulle blatante en gruwelike diskriminerende beleid en optrede. Daarsonder sou die internasionale gemeenskap lankal hard op hulle afgekom het, en sou hulle sanksies beleef het van ongekende omvang, want hulle diskrimineer sonder skaamte of verskoning, op grond van ras. In 2052 sal die Afrikaner se geskiedenis in hierdie land 400 jaar terugstrek. Niemand sal dit waarskynlik gedenk, of toelaat dat dit gedenk word nie. Daar egter was baie wat mooi was in hierdie geskeidenes; veel meer as wat sleg was. Dit sluit in buitegewone dapperheid en strategies vermoëns op die slagveld, hardwerkendheid en uithoudingsvermoë en professionele briljantheid. Afrikanerleiers en stryders uit die tydperke van verset teen diktatorial...

Dit is tyd vir 'n gesprek oor die werklikheid (nie die droom nie)

Image
Daar is geen uitweg uit die strik nie. Wit Suid-Afrikaners stem oorweldigend vir die Demokratiese Alliansie. Trouens, ek is seker dat meer as 90% van hierdie demografiese groep dit doen. Laat ek 'n punt stel voordat ek verder gaan met hierdie oënskynlik onsinnige gebrabbel. My punt is dit: Ons woon in 'n land waar daar iets soos 140 wette is wat spesifiek as "raswette" bestempel kan word; dit wil sê wette wat uitdruklik voorsiening maak vir diskriminasie teen Blanke Suid-Afrikaners. Ons leef in 'n land waar onderwysinstellings gedwing word om erg skewe en diskriminasie-keuringskriteria toe te pas wanneer aansoeke vir keuring oorweeg word, waar baie hoër prestasie van Wit as Swart verwag word ten einde toegang te kry tot dieselfde kursusse en vlak van geleerdheid. Ons leef in 'n land waar skole en onderwys, vir alle praktiese doeleindes, uit die beheer van ouers geneem is, en na die staat oorgeplaas is. Dit is gedoen as gevolg van die ideologiese kruistog van e...

The path to "President Malema"

Image
  Ramaphosa is on his way out. He will be lucky if he survives until his term expires in 2029. I don’t think he will. Note that Ramaphosa is an angel; anything but. However, he is an enemy of Zuma, and doesn’t particularly like Julius Malema. His survival is dependent on neither of these two characters gaining a position of power in the ANC (or, rather, in any grouping that exercise state power). Because Phala-Phala hangs over his head. Phala-Phala is Ramaphosa’s Nkandla and his HIV/Aids. Nkandla left Zuma exposed to legitimate charges of corruption, which highlighted the state capture going on in the country under his watch. The ANC protected him, while he was at the height of his power, but when this power started diminishing, at the end of his term, his friends in the party start turning against him. This happened because they rank-and-file in the ANC realigned in line of the changing power-relations in the party. The same happened with Mbeki. His controversial opinions about HI...

Die ANC se buitelandse beleid: Ideologie in Aksie

Image
Ek moet erken dat die Kamerade my soms onderkry. Oor die algemeen verwag ek die ergste van hulle, en kondisioneer myself dienooreenkomstig, maar soms sukkel dit maar. Soos nou weer. Kyk, jy kan jou longe uitskreeu, en met duidelike bewyse uitwys dat die Kamerade se buitelandse beleid ere dubbele standaarde blootlê, maar dit is om soos met ʼn horende dowe te praat. Water van 'n eend se rug. Die Kaders sal doodeenvoudig vasberade, en sonder skaamte, volhou om te verkondig dat hulle beleid en optrede gebaseer is op onverbondenheid, die beskerming van menseregte wêreldwyd, en internasionale reg. Die ANC het onmiddellik en uiters aggressief gereageer op Trump wat Delta magte gestuur het om die President van Venezuela, Nicolás Maduro, te ontvoer na die VSA, waar hy nou voor die howe tereg staan op verskeie aanklagte. Nou kyk, Nicolás Maduro  is ʼn uiters ongure karakter. Hy het die opposisie in Venezuela brutaal onderdruk, verkiesingsuitslae wat hom nie gepas het nie, o...