Hoekom vlug die bevoorregtes uit die Utopia?
As ek die menings van linkse politieke kommentators lees, of daarna luister, is die eerste vraag wat dikwels by my opkom dit: “Hoekom op dees aarde vlug derduisende Blanke Suid-Afrikaners, en dan spesifiek Afrikaners, uit hierdie Utopia?” Ek lees vanoggend ʼn berig op Netwerk 24, geskryf deur Gert van der Westhuizen, getiteld “Dankie tog, Suid-Afrika is nie die Soedan nie.” In hierdie berig voer hy onder andere aan dat: “(Suid-Afrika) is ʼn land waar die werkloosheidskoers onder wit mense volgens sommige studies die laagste van alle rasgroepe is terwyl daar bevind is dat wit werkers meer as ander verdien.” Hierdie stelling is statisties korrek, maar ontken totaal en al die kontekstuele werklikheid waarbinne dit gegiet is. Dit is inderdaad so dat Statistiek Suid-Afrika, in a verslag getiteld “Statistical Release P0100, Income and expenditure of households: 2022/2023 ”, aandui dat die mediaan inkomste vir Blanke huishoudings in 2023 R409,520 per jaar was, R285,306 vir Indiër en Asiaat...