Posts

Showing posts from March, 2026

Die "Rooi Gevaar"

Image
Indien u jonger as vyf-en-veertig jaar is, sal u waarskynlik nie werklik die verwysingsraamwerk hê om te begryp waaroor ek in hierdie plasing praat nie. Die egter wat my ouderdom is, en ouer, sal wel verstaan. Vir die wat nie oud genoeg is nie, gaan ek vlugtig verduidelik. Na die Tweede Wêreldoorlog het daar twee groot moondhede in die wêreld na vore getree, naamlik die Verenigde State van Amerika, en die Sowjetunie (amptelik genoem die Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke). Die kern van laasgenoemde was wat ons vandag ken as “Rusland.” Feitlik die hele wêreld het breedweg georganiseer rondom hierdie twee supermoondhede; in die geval van die VSA was dit meestal die Westerse lande; en in die geval van die Sowjetunie meestal die Ooste. Alhoewel, daar was die sogenaamde “onverbonde lande”. Sommige van hierdie lande was werklik onverbonde, maar sommige was dit bloot in naam. Belangrike werklik onverbonde lande was Indië, Finland, Swede en Noorweë. Die Westerse wêreld het breedweg gesta...

Grondwetlike Beskerming? Dit hang af van jou ras en kultuur

Image
Die kern van ʼn Grondwetlike demokrasie is die beginsel dat ʼn (meestal geskrewe) Grondwet die mag van die staat beperk, en die regte van groepe, maar veral individue, teen magsmisbruik deur die staat beskerm. Die vraag wat in hierdie artikel gevra word, is of hierdie meganisme werklik die veiligheidsnet aan alle Suid-Afrikaners, op gelyke basis, bied wat gedurende die 1990-1994 oorgangsproses voorsien was? Historiese Perspektief Die oplossings wat in die 1990s vir die Suid-Afrikaanse konflik onderhandel was, het sterk gesteun op die Westerse interpretasie van Grondwetlike waarborge en demokratiese beginsels. Die voormalige Nasionale Party het baie gefokus op die beginsel van Grondwetlike oppergesag om hulle (blanke) ondersteuners te oorreed om die Grondwetlike skikking te aanvaar. Die vernaamste van hierdie waarborge was ʼn onafhanklike regbank wat die beginsels van ʼn geskrewe Grondwet moes interpreteer en toepas. Van die begin af was die grootste swakpunt van hierdie waarborg die wyse w...

Nasionalisme vs Patriotisme

Image
President Macron se befaamde uitspraak dat patriotisme ʼn goeie ding is wat aangemoedig moet word, maar nasionalisme veredelend en verwerplik, is wel-bekend. Die vraag is:  Wat is die verskil? Patriotisme gaan gepaard met toewyding aan ʼn land, nasionalisme aan ʼn demografiese entiteit of groep, soos ʼn bepaalde ras - of kulturele verband.  Macron het natuurlik spesifiek verwys na Frankryk, met ʼn toewyding aan "etniese" Franse (Wit, inheems tot Frankryk), maar ter uitsluiting van immigrante, spesifiek uit Pakistan en Afrika, wat waarskynlik verwys na "nasionalisme". Daarteenoor verwys "patriotisme" waarskynlik na ʼn toewyding aan Frankryk, ingesluit almal wat daar woon en burgers is.  Macron se sentimente is ongetwyfeld dat die anti -immigrante gevoel en optrede van die Regterkant van Europese politiek verwerp moet word. Dit, hierdie mening, kan toegepas word op die posisie van Afrikaners in Suid-Afrikaners, waar die aggressie teen wat gesien word ʼn herlewing v...

Psigologiese disassosiasie. Graaff-Reinette. Robert Sobukwe Town.

Image
  So, die Kamerade het nou weer op hulle gewone stemwerwingsveldtog gegaan en ʼn klomp dorpe, stede en strate se name gaan verander. Oos-London is verander na KuGompo City (asseblief, moet dit nie probeer vertaal nie; in Suid-Afrika 2025, sal geen Afrikaanse vertalings geduld word nie). Die voormalige krimineel (selferkende, nie my woorde nie) en deesdae Minister van Sports, Arts and Culture (weereens, geen Afrikaanse vertaling nie, asseblief), sal jou verhoed om die In-die-Bos fees by te woon op grond van ʼn gebrek aan Transformasie (en sommer die naam verander, terwyl hy besig is) as jy goed begin verafrikaans. So ʼn paar jaar terug het ʼn ander een van die ANC se hoogsbekwame Ministers wat soveel bygedra het tot die verval (ekskuus, Kamerade, ek bedoel tot die transformasie en vernietiging) van Suid-Afrika, besluit dat die naam van die Anglo Boereoorlog verander moet word na die Suid-Afrikaanse oorlog, ten einde meer “insluitend” te wees. Jammer, Kaders, maar die Anglo Boereoor...

Paul O'Sullivan, Parlement and Rassisme

Image
Ek het die gewoonte gehad om na die kanaal Biznews op YouTube te kyk. Van tyd-tot-tyd het die aanbieder, meestal Alec Hogg, onderhoude gevoer met Paul O’Sullivan, die groot vegter teen misdaad en korrupsie in die kriminele regstel. Nou moet ek ongelukkig erken dat ek soms swak oordeel aan die dag kan lê. Ek het O’Sullivan bewonder, en elke woord wat hy gesê het, opgeslurp. As ʼn verklarende voetnota, moet ek egter meld dat, in die geval, daar vir my ʼn verskil was tussen “bewonder” en “het gehou van”. Ek het hom bewonder omdat hy werklik voorgekom het as ʼn uitmuntende, vreeslose vegter teen misdaad, wat al die hoof van die polisie (Jackie Selebe) en vele ander korrupte hooggeplaastes tot ʼn geval gebring het. Maar ek het nie van hom gehou nie, omdat hy oorgekom het as ʼn arrogante persoonlikheid wat aanhoudend, letterklik sonder ophou, ge-name-drop” het. Ek het gewonder hoe de hel hierdie man, wat skynbaar geen direkte hiërargiese posisie in die polisie beklee het nie, anders as ʼn reservis...