Hoekom vlug die bevoorregtes uit die Utopia?
As ek die menings van linkse politieke kommentators lees, of daarna luister, is die eerste vraag wat dikwels by my opkom dit: “Hoekom op dees aarde vlug derduisende Blanke Suid-Afrikaners, en dan spesifiek Afrikaners, uit hierdie Utopia?”
Ek lees vanoggend ʼn berig op Netwerk 24, geskryf deur Gert van der Westhuizen, getiteld “Dankie tog, Suid-Afrika is nie die Soedan nie.” In hierdie berig voer hy onder andere aan dat:
“(Suid-Afrika) is ʼn land waar die werkloosheidskoers onder wit mense volgens sommige studies die laagste van alle rasgroepe is terwyl daar bevind is dat wit werkers meer as ander verdien.”
Hierdie stelling is statisties korrek, maar ontken totaal en al die kontekstuele werklikheid waarbinne dit gegiet is.
Dit is inderdaad so dat Statistiek Suid-Afrika, in a verslag getiteld “Statistical Release P0100, Income and expenditure of households: 2022/2023”, aandui dat die mediaan inkomste vir Blanke huishoudings in 2023 R409,520 per jaar was, R285,306 vir Indiër en Asiaat Suid-Afrikaners, R180,073 vir die Kleurling bevolking en R108,461 vir die Swart bevolking. Vir Suid-Afrika in geheel was dit R143,691.
Hier is egter die ding (die konteks): Die Blanke bevolking was die enigste wie se mediaan inkomste oor die tydperk 2006 tot 203 deurlopend verminder het. Onthou, hou dit in gedagte, die statistiek verwys nie na totaal inkomste nie (met ander woorde, dit gaan oor die mediaan inkomste van huishoudings). Om die waarheid te sê, is die werklike omvang van hierdie daling skokkend.
Oor die tydperk 2006 tot 2023, het die Blanke bevolking se mediaan inkomste per huishouding gedaal van R518,334 per jaar, tot R409,R520 per jaar.
Dit beteken dat die mediaan huishoudelike inkomste van Blanke Suid-Afrikaners oor die tydperk 2006 tot 2023, met byna 21% gedaal het, in vergeleke met die van ander bevolkingsgroepe wat as volg gestyg het: Swart/Afrikaan: 62,24%, Kleurlinge, 17,28% en Indiërs/Asiate: 8,75%.
Hierdie afwyking is suiwer die resultaat van toenemende rasse-diskriminasie sedert 1994, en die werklikheid daarvan kan oral waargeneem word. In tradisionele “Blanke gebiede” kan die toenemende armoede duidelik waargeneem word; huise en geboue verval, want daar is nie geld om dit behoorlik in stand te hou nie. Blankes se spanderingsvermoë verval deurlopend. Dit alles kan terugherlei word na die rasse wetgewing wat sedert 1994 in plek gestel was.
Ek beskou dit as die resultaat van fragrante rasse-diskriminasie, wat teengestaan moet word, en nie veredigbaar is nie.
Van der Westhuizen vra dan met die gewone minagting afkomstig uit die linkse geldere die vraag of “... die kritici van vandag destyds werklik so naïef (was) dat hulle gedink het regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging ... nie nodig (sou) wees om te probeer vergoed vir die bykans 350 jaar se onderdrukking en uitsuiting gegrond op ras nie?”
In die eerste plek is die verwysing na “die bykans 350 jaar se onderdrukking en uitsuiting gegrond op ras nie” ideologiese retoriek, en 'n bepaalde interpretasie van die geskiedenis. Toe die voorvaders van die Afrikaners destyds in 1652 in die Kaap aangekom het, was daar geen sprake van “uitsluiting” nie. Uitsluiting waarvan? Van die handjievol Wit mense wat hulle in ʼn klein stukkie land aan die Kaap kom vestig het? Die situasie destyds kan geensins vergelyking word met die geografiese en demografiese werklikhede van vandag nie. Die direkte konflik om land en jurisdiksie met Swart volkere in die Noorde van die land het (behalwe vir die land se "Eerste Mense") eers begin plaasvind tydens en na die Groot Trek in die 1830s. Dit het meer as 200 jaar geneem voordat die tipe “uitsluiting” waarna Van der Westhuizen verwys, begin uitspeel het.
En nee, niemand was destyds, in 1994, so naïef om te dink dat regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging nie toegepas sou word nie. In die eerste instansie was dit die rede waarom 32% van Blanke kiesers, en ongeveer 50% van Afrikaners in die 1992 referendum “nee” gestem het; omdat hulle dit wat nou in die land gebeur, sien kom het. Dit was eerder die "ja-stemmers (waarvan ek een was) wat opsetlik hulle oë vir die werklikhede gesluit het.
Nie-Blanke Suid-Afrikaners het altyd 'n absolute reg gehad om hulle te verset teen die onderdrukking waaraan hulle onderwerp was, en om hulle regmatige plek in Suid-Afrika te eis. Dit moet noodwendig maatreëls ingesluit het om agterstande veroorsaak deur die uitsluiting en diskriminasie so vinnig as moontlik uit die weg te ruim.
Maar, en dit is die tweede punt, in Suid-Afrika het dit nooit gegaan oor regstelling nie, maar oor selfverryking en ideologie. Dit het nie gegaan oor gebalanseerde regstelling nie, maar oor die wyse waarop dit gedoen word. Dit is linkse retoriek om na "resgtelling" te verwys is 'n drog-voorstelling van waaroor dit vandag in Suid-Afrika gaan. Die stelsel poog om een manifistasie van rasse-uitsluiting, is vervang met 'n ander, want dit gaan inderwaarheid oor grypsug, implaming en ideologie.
Blanke Suid-Afrikaners is nie ryk nie; daar is 'n klein groepie ingesluit in die klassifikasie (van "Blank") wat as uiters ryk beskryf kan word. Dit sluit in die Opperheimers en die Rupert-familie. Dit jaag ook die mediaan en gemiddeldes van inkomste in die kategorie op. Daar is mega-boere, waar die grond van geslag-tot-geslag oorgedra word wat baie ryk is, of diegene wat groot besighede geerf het, en die generasie rykdom oordra.
Gewone werkende Blanke Suid-Afrikaners, egter, is gevries in hulle gekose loopbane, verdien dikwels minder as hulle eweknieë van ander rasse-groepe in dieselfde poste (oor die toepassing van die "Employment Equity premie", kry slegs bevriesde, uitgestelde bevordering en het nie gelyke toegang tot opleidingsgeleenthede nie (nie eens naastenby nie). Dit is suiwer rasse-diskriminasie.
Daar is geen poging tot die uitbreiding van welvaart in die land nie, slegs aggressie om Blanke bates en geleenthede oor te dra aan Swart Suid-Afrikaners wat deel uitmaak van die "toegelate" kring van die regerende elite (en wat, ironies genoeg, soms Blankes insluit).
Van der Westhuizen se argument is dat die probleme in die land gaan oor swak regering deur die ANC. Dit is hoegenaamd nie die volle prentjie nie. Die werklikheid sluit in opsetlike diskriminasie teen spesifiek Afrikaners, en (uiters belangrik) die ideologiese oogmerke van die regering. Die oogmerke is nie die algemene belang, met bevorderimg en bespoediging van agtergeblewe gemeenskappe nie; hoegenaamd nie. Die oorgemerk is die Nasionale Demokratiese Rewolusie.Die Nasionale Demokratiese Rewolusie is gebaseer op twee primêre beginsels, of pilare, naamlik die strewe na Sosialisme, binne (tweedens) die konteks van rasse transformasie.
Vergelyk die definisies aangehaal uit die O’Malley Archives (die Nelson Mandela Foundation):
“The immediate interests of the overwhelming majority of the South African people lie in the carrying out of fundamental change: a national democratic revolution which will overthrow the colonial state and establish a untied, democratic and nonracial South Africa. The main content of this revolution is the national liberation of the African people in particular, and the black people in general.
“The main aims of the national democratic revolution are outlined in the Freedom Charter, which has also been endorsed by the mass democratic movement representing millions of our struggling people. South African Communists consider that the achievement of the aims of the Charter will answer the pressing and immediate needs of the people and lay the indispensable basis for the advance to socialism.” (https://omalley.nelsonmandela.org/index.php/site/q/03lv02424/04lv02730/05lv03005/06lv03132/07lv03140/08lv03145.htm)
Die rassedimensie vasgevang in hierdie argument word vererger deur die feit dat die ANC dit toepas soos dit hulle pas. Dit gaan nie werklik oor Sosialisme nie, maar oor die inpalming van die bates verkry uit "regstelling" ten einde “transformasie” te bewerkstellig wat 'n klein aantal “rewolusionêre kamerade” bevoordeel. Die geledere van hierdie "bemagtigde kamerade" is nie beperk tot die ANC nie, maar sluit ook in individuele in die tentakels daarvan, soos die EFF en MKP - asook medewerkers en ideologies emeëlopers in die DA.
Alles in die land word gesteel. Alles stort in duie. In die proses word die toenemende armoede in die Afrikanergemeenskap skerper geaksentueer, en logisties vererger.
Dit maak nie saak of die ANC te gronde gaan of nie; dit gaan absoluut geen verskil maak aan die aard of omvang van rassediskriminasie waaraan Banke Suid-Afrikaners blootgestel word nie. Kanse dat die EFF/MKP alliansie die mag kan oorneem wanneer die ANC ineenstort, saam met die Mashatile faksie in die party, is, volgens my gevoel, 75%. Selfs al sou dit nie gebeur nie, sal die Ramaphosa-faksie van die ANC, saam met ʼn DA smagtend na staatsmag, die huidige rassistiese wette van die land in stand hou en toepas. Daar is geen twyfel hoegenaamd daaroor nie.
Van der Westhuizen maak dan die opmerking dat “Afrikaner-ruimtes volop is, soos ”Netwerk24, RSG, kykNET, Die Papier, Maroela Media, Aardklop, die Woordfees, die Klein-Karoo Nasionale Kunstefees, die Suidoosterfees, AfriForum, Akaedia, Sol-Tech.”
Eerstens, die volgende publikasies het vir meer as dertig jaar, minstens sedert 1994, vasberade en met aggressie daarop aangedring dat hulle nie “Afrikaner” mondstukke is nie, maar Afrikaans as vertaal gebruik: Netwerk24, RSG, kykNET (en by, implikasie, Die Papier). Dit is die publikasies van ons Max du Preez, Piet Croukamp en Gert van der Westhuizen bring (met ander woorde, die linksgesinde ondersteuners van alles anti-Afrikaner en pro-ANC). Hulle doen dit net in Afrikaans, en word benut om Afrikaners te breinspoel, te dreig, en alles moontlik te doen om konformasie af te dwing.
Aardklop, die Woordfees, die Klein Karoo Kunstefees, die Suidoosterfees is almal feeste wat met aggressie sal aandring daarop dat hulle op geen wyse, direk of indirek, met “die Afrikaner” geassosieer kan word nie.
Solidariteit, Akademia en Sol-Tech is baie duur, en word nie met belastingbetalersgeld gesubsidieer nie. Dit is nie toeganglik vir gemiddelde, onderdrukte Afrikaners nie. Dit is manifistasies van die misbruik van mag, van onbevoegdheid (hoofsaaklik veroorsaak deur kader-onplooing) en van die toepassing van die idoelogie van die Nasionale Demokratiese Rewolusie.
Die ANC het vir jare lank opsetlik te werk gegaan om Afrikaner universiteite, technikons, skole, museums en openbare ruimtes te marginaliseer, van hulpbronne te stroop en te vernietig. Dit is die werklikheid van die Afrikaner se posisie in Suid-Afrika. Dit is die rasse-diskriminasie waaraan hulle onderwerp word.
Van der Westhuizen maak die opmerking dat: “(Suid-Afrika die) land (is) waar die media, van links tot regs, vryer (is) as ooit. Een waar die media korrupsie blootlê en die koppe van selfs Ministers soos Sisisi Tlolashe kan ... rol.”
In hierdie stelling is ʼn mate van waarheid. Dit moet egter in ag geneem word dat die reg tot uitdrukking spesifiek gewaarborg word in Artikel 16 van die Grondwet (“Elkeen het die reg op vryheid van uitdrukking, waarby inbegrepe is (a) die vryheid van die pers en ander media; (b) die vryheid om inligting of idees te ontvang of oor te dra; (c) die vryheid van artistieke kreatiwiteit; en (d) akademiese vryheid en vryheid van wetenskaplike navorsing.” Maar, tipies van die Grondwet, word die volgende uitgesluit: Artikel 16 (2) (b) die aanstigting van dreigende geweld...; of (c) die verkondiging van haat wat op ras, etnisiteit, geslagtelikheid of godsdiens gebaseer is en wat aanhitsing om leed te veroorsaak, uitmaak nie.”
My vraag is as volg: Hoekom is Julius Malema nog nooit skuldig bevind aan haatspraak nie, indien die Grondwet in soveel woorde “aanstigting van dreigende geweld” en “verkondiging van haat wat op ras” in uitsluit van die reg op uitdrukking, terwyl Vicki Momberg vir drie jaat tronk toe gestuur word omdat sy in ʼn oomblik van onsteltenis die “k...” woord gebruik het?
Dit is ook duidelik dat voorgestelde wetgewing soos die Preventionand Combating Of Hatecrimes and Hate Speech Bill spesifiek gemik is op sogenaamde haatspraak deur Blanke Suid-Afrikaners, veral as die howe in uitsprake soos die “Kill te Boer, Kill the Farm”, - en die saak oor die veranderinge van straatname in Tshwane deur die Grondwetlike Hof oorweeg word. Daar is geen kans dat Blanke Suid-Afrikaners ewewigtigheid van instellings soos die Menseregtekommissie of die Openbare Beskermer kan verwag nie. Hierdie instellings oorweeg alle kwessies voor hulle deur die bril van “historiese skuld.” In praktyk beteken dit net een ding.
Om die voorbeeld van Sisisi Tlolashe te gebruik as 'n aanduider van "voderimg" in die land, is totaal belaglik. Feit van die saak, die werklikheid, is dat ANC hoëkoppe feitlik nooit aanspreeklik gehou word vir die velerlei en geweldige omvang van onbevoegdheid, korrupsie en wanbestuur waaraan hulle skuldig is nie. Soos die spreekwoord sê: "Een swaeltjie maak nie 'n somer nie." Dit is 'n verregaande belaglike voorbeeld (en stelling). (En o-ja, dit wil, tussen die lyne geees, voorkom asof die skrywer wil voorgee dat korrupsie in Suid-Afrika vandag aangespreek word, terwyl dit in die "ou" Suid-Afrika bloot verdra (en geignoreer) was. Indien so, sal ek dit beskou as tipiese linkse, onbewysbare "rasionalisteit" waarvan niemand my ooit sal kan oortuig nie. Maar selfs al sou ek verkeerd wees, en dit inderdaad waar blyk te wees, sal my vraag steeds wees: "So, what (so, wat is die punt)?" Is die hele idee nie juis dat die Nuwe Suid-Afrika soveel minder korrup moet weees as die oue nie? Inderwaarheid is Suid-Afrika vandag juis 'n konstante poel van korruspie en diefstal).
Rassisme is rassisme; dit is nie beperk tot een ras nie. Diskriminasie is diskriminasie; dit is nie beperk tot een kant van ideologieë nie. Suid-Afrika diskrimineer teen Blanke Suid-Afrikaners, en dan spesifiek teen Afrikaners. Dit is hoekom mense die landuit vlug.Dit is die rede vir toenemende verset.
En ek beskou steeds vir Roelf Meyer as 'n uitverkoper van die Afrikaner, en een van die vernaamste argitekte van die rasse-diskrimasie waaraan Afrikaners vandag in hulle geboorteland onderwerp word.
Lees Gert van der Westhuizen se berig op Netwerk24 deur hier te druk.
Prentjiebron: 123RF

Comments
Post a Comment