Ras in Suid-Afrikaanse Politiek
Ras is die vernaamste politieke, - ekonomiese – en maatskaplike vraagstuk in Suid-Afrika. Instellings soos die Instituut vir Rasseverhoudinge en die Social Research Institute sal dikwels aanvoer dat hulle meningsopnames wys dat ras eintlik laag op die prioriteitslys van Suid-Afrikaners lê. Indien die resultate van meningsopnames onleed en geïnterpreteer word, is konteks belangrik. Indien u my vandag sou vra wat die vernaamste beleidsvraagstukke in Suid-Afrika is, na my mening, sal ek antwoord (1) ekonomiese groei, (2) korrupsie, (3) werkloosheid (en gepaargaande werkskepping), (4) swak regering (en die meegaande beleidsmeganismes om effektiewe regering te bevorder) en (5) die ineenstorting van openbare dienslewering en infrastruktuur, en dan spesifiek munisipaliteite. Nêrens verwys ek eens na ras of rassisme nie. Dit beteken egter nie dat ras vir my onbelangrik is nie. Om die waarheid te sê, is ek van mening dat rassediskriminasie teen Wit Suid-Afrikaners die enkel mees...