Ras in Suid-Afrikaanse Politiek
Ras is die
vernaamste politieke, - ekonomiese – en maatskaplike vraagstuk in Suid-Afrika.
Instellings soos
die Instituut vir Rasseverhoudinge en die Social Research Institute sal
dikwels aanvoer dat hulle meningsopnames wys dat ras eintlik laag op die prioriteitslys
van Suid-Afrikaners lê.
Indien die
resultate van meningsopnames onleed en geïnterpreteer word, is konteks
belangrik.
Indien u my
vandag sou vra wat die vernaamste beleidsvraagstukke in Suid-Afrika is, na my
mening, sal ek antwoord (1) ekonomiese groei, (2) korrupsie, (3) werkloosheid
(en gepaargaande werkskepping), (4) swak regering (en die meegaande
beleidsmeganismes om effektiewe regering te bevorder) en (5) die ineenstorting
van openbare dienslewering en infrastruktuur, en dan spesifiek munisipaliteite.
Nêrens verwys ek
eens na ras of rassisme nie. Dit beteken egter nie dat ras vir my onbelangrik
is nie. Om die waarheid te sê, is ek van mening dat rassediskriminasie teen Wit
Suid-Afrikaners die enkel mees dominante identifiserende ideologiese vraagstuk is, die ketting wat deur alle aspekte van die land se samelewing ryg. Die punt is dat my
aannames van hierdie rassediskriminasie my indrukke en begrip van al die prioriteite wat
ek gemeld het beïnvloed, en uiteindelik bepaal.
Volgens ‘n opname
van die Social Research Foudnation, gepubliseer in Maart 2026, is die
vernaamste beleidsvraagstukke vir Suid-Afrikaners as volg:
Dit beteken egter
nie dat Suid-Afrikaners nie die geïdentifiseerde beleidsprioritieite deur ʼn
rassebril sien nie (om die waarheid te sê, hulle doen). Die onmiddellike
illustrasie van hierdie argument, is dat die “oplossing” vir werkloosheid
gesien word as rasgebaseerde “regstelling”; met ander woorde, werksgeleenthede
moet op ʼn rassegrondslag toegedeel word. Werkskepping deur innovasie en
entrepreneurskap onder Swart Suid-Afrikaners word aangemoedig deur pro-aktiewe
regeringsondersteuning, en ontmoedig onder Blanke Suid-Afrikaners, deur die
herverdelingsvereistes van ras-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingsette.
Dit is in wese die onderliggende beginsel van die Wet op Gelyke Indiensneming
en die Swart Ekonomiese Magtigingswette. Dit is waar, in ʼn mindere of meerdere
mate, vir alle geïdentifiseerde beleidsvraagstukke.
Tog het meningsopnames oor die afgelope paar jaar aangetoon dat die houding van die meerderheid Suid-Afrikaners oor rasse-bevoordeling oor die afgelope paar jaar verander het. In ʼn opname bekend gemaak in April 2026, het die Instituut vir Rasseverghoudinge bevind dat 70% van respondente van mening was dat apartheid-era rasse-klassifikasie nie meer gebruik moet word deur die regering nie.
Ek dink Suid-Afrikaners, en dan spesifiek Suid-Afrikaners wat gebuk gaan onder armoede, is doodeenvoudig moeg van die korrupsie, swak regering en oneffektiwiteit wat gepaardgaan gegaan het met “transformasie” in Suid-Afrika die afgelope 32 jaar. Daarom het ʼn ongedurigheid met transformasie wetgewing begin intree.
“Meriete”, in die
Suid-Afrikaanse konteks, moet binne konteks verstaan word. Meriete moet
verstaan word binne die konteks van geïnstitusionaliseerde diskriminasie. Met
ander woorde, “meriete” moet toegepas word binne die raamwerk van “regstelling”
en “transformasie.” Die wette van die stelsel word bepaal deur rigiede begrip
van “transformasie.”
Die Instituut vir
Rasseverghoudinge is van mening dat die regering ʼn wanbegrip het van die
menings en perspektiewe van die meerderheid kiesers in die land. Ek dink nie so
nie; ek dink dit is die liberale IRV (Instituut vir Rasseverghoudinge) wat ʼn ideologiese
interpretasie gee aan die resultate van meningsopnames.
Daar is nie ʼn enkele
politieke party wat hoofsaaklik deur Swart kiesers ondersteun word, wat nie die
beleid van transformasie, en dan spesifiek diskriminasie teen Wit
Suid-Afrikaners (“positief” of andersins) onderskryf nie.
Goed dan, kom ons
aanvaar, vir ʼn oomblik dat dit wel die geval is met die Demokratiese Alliansie
(DA) (alhoewel dit nie is nie). Daar is geen aanduiding dat die party
betekenisvolle ondersteuning uit Swart gemeenskappe trek nie.
Die DA se
eie statistieke dui aan dat die party se ondersteuningsvlakke in 2022 op 25%. Ondersteuning uit die geledere van Swart kiesers het 8% tot
die 25% bygedra, die van die Kleurlingbevolking 7,75%, die Wit bevolking 7,5%
en die Indiër bevolking 1,75%, Dit beteken dat die Wit bevolking, wat slegs
ongeveer 7,5% van die land se bevolking uitmaak, ongeveer net soveel bygedra
het tot die ondersteuningsvlakke van die DA as die land se Swart
bevolkingsgroep. (statistiek gepubliseer op die webwerf van die DA op 08
September 2022).
Volgens ontledings gedoen deur Gareth van Onselen, gepubliseer op die Politics webwerf op 24 Junie 2024, het die DA se ondersteuning uit Swart gemeenskappe in die 2024 verkiesing, in vergeleke met die van ander politieke partye in die land, as volg daar uitgesien:
Dit is wel so dat
daar tekens was dat die DA na die BTW fiasko in 2025 vir ʼn tydperk deur hierdie
onsigbare ondersteuningsplafon gebreek het. Dit was egter slegs tydelik.
Van Onselen, ʼn hart-en-siel
liberalis en ondersteuner van die DA, antwoord die volgende vraag:
“Why is the DA’s black support not more substantial
(among Black voters)?”
… met die volgende antwoord, of an argument:
“The answer is complex but in the short term it is that,
while the DA is capable of winning the support of a substantial number of Black
voters, it cannot seem to hold onto those voters the closer an Election gets.
This is a fairly typical pattern for the DA. Outside of an Election, the
DA’s support among Black voters is significant. As the Election campaign
unfolds, and parties like the ANC, MK and EFF turn on DA (often accompanied by
the large sections of the media), and tropes such as it being a “white party”,
“racist”, “likely to take SA back to apartheid” are rolled out, those Black
South Africans willing to identify as DA voters, tend to opt-out.”
Dit is in lyn met
my argument oor die geïnstitusionaliseerde aard van transformasie in die
Suid-Afrikaanse politieke stelsel.
Daar is ʼn tweede
argument, en dit is dat die DA, op sigself, nie noodwendig die ras-gebaseerdde
transformasie narratief verwerp nie. Ek glo dat daar wel diegene in die DA is
wat dit doen; en dan veral onder die party se voetsoolvlak ondersteuners.
Dit is egter nie die geval in die geledere van die leierskap nie. As jy luister
na die argumente van Gordin Hill-Lewis, die huidige leier van die party, en die
van die voormalige leier, John Steenuisen, is dit onmiskenbaar duidelik dat
daar simpatie is met, en ʼn bepaalde verbintenis tot, ras-gedrewe diskriminasie
(dit is, aanvaarding van die dominante narratief aangaande transformasie). Dit
is ten spyte van die party se amptelike beleid van “armoede” (of dan
maatskaplike status-) regstelling, in plaas van brutale ras-gedrewe regstellende
aksie. Aan die einde van die dag sal dit egter, in praktiese terme, neerkom op
presies dieselfde gevolg, naamlik ras-gebaseerde diskriminasie; soos tans die geval is in gebiede waar die party
regeer.
Dit is ook so
duidelik soos daglig dat daar verskillende interpretasies is van "regstelling" tussen die Swart
lede van die party se leierskap, en die Wit lede daarvan. Siviwe Gwarube, byvoorbeeld, toon ‘n onmiskenbare
groter gewilligheid om ANC- geïnisieerde transformatiewe onderwysbeleid te
implementeer as wat die gevoel van die gemiddelde Wit ondersteuner van die
party toelaat. Mmusi Maimane, en velerlei ander nie-Blanke leiersfigure, het om
hierdie einste rede uit die party bedank.
Ek wil egter die
toepassings omvang van die argument uitbrei. Selfs al sou die oorweldigende
meerderheid Suid-Afrikaners die diskriminasie verbonde aan transformasie in die
land verwerp, sou dit steeds van toepassing bly, en sal Blanke Suid-Afrikaners
steeds daaronder ly. Dit is omdat ras die middelpunt van Suid-Afrikaanse
politiek is. Alles (in die politiek) draai daarom. Soms word die toepassing
uitgebrei na ekonomiese ideologie, soos Sosialisme en Kommunisme, maar dit is
altyd ideologie gekontekstualiseer binne ʼn rasse raamwerk. Dit is, met ander
woorde, Sosialisme wat ten doel het om reuse herverdeling van bestaande rykdom
en bates te bewerkstellig wat Swart Suid-Afrikaners moet bevoordeel, en waarvan
Wit Suid-Afrikaners die slagoffers moet wees. Die Kommunistiese argument is blatant:
Die staat sal alles vat, maar veral Blanke bates, en dit herverdeel onder Swart
Suid-Afrikaners.
Selfs in die Kapitalistiese
konteks is die linkse politieke groeperinge in die land se begrip van Swart
voorspoed nie die skepping van toegevoegde waarde nie, maar die wegneem van
Blanke waarde en die herverspreiding daarvan onder Swart Suid-Afrikaners. Soms neem hierdie ideologie
meer genuanseerde toepassings aan, soos om sentrale fondse te skep, wat dan
deur Wit rykdom gefinansier moet word ten einde Swart rykdom te skep. Soms is dit baie meer bltante aandrang op herverspreiding, soos reuse aandele-toekkening insiatiewe wat Blanke werkers uitsluit, of die openlike nasionalisering van wit bates of gebruiksregte ten einde dit oor te dra aan Swart negunstigdes. Soms is dit ras-gebaseerde weerhouding, of toekenning, van lisensies en gebruiksregte.
Die aandrang wat dikwels kom, dat meer Swart miljoenêrs geskep moet word, is gevestig in sodanige begrip van rykdom. “Swart rykdom” word gedefinieerde binne die beperkinge van die geïdentifiseerde kaders en kamerade. Dit is een van die vernaamste redes waarom daar geen kans is dat die ras-gebaseerde aard van Suid-Afrikaanse politiek in die voorsienbare toekoms sal verander nie; omdat diegene wat daaruit voordeel trek, dit nie sal toelaat nie. Daar is ʼn klein groepie, meestal Swart, maar soms ook Wit, Suid-Afrikaners, wat ondenkbaar ryk, of magtig, of beide, geword het deur die beoefening van die ras-gebaseerde politiek van “transformasie.” Dit sluit in velerlei ANC kaders, maar ook lede van verskeie ander politieke partye, insluitend die DA.
Suid-Afrikaanse
politiek is gegiet in ras. Suid-Afrikaanse ekonomie is gegiet in ras. Suid-Afrikaanse
gemeenskap is gegiet in ras. Suid-Afrika is gegiet in ras.
Verwysing:
Mapping ANC, DA, MK and EFF support by race. Gareth
van Onselen focuses in on the DA's complicated relationship with its black
voters and sympathisers. Politicsweb. 24 June 2024.

Comments
Post a Comment