Ras in Suid-Afrikaanse Politiek

 

Ras is die vernaamste politieke, - ekonomiese – en maatskaplike vraagstuk in Suid-Afrika.

Instellings soos die Instituut vir Rasseverhoudinge en die Social Research Institute sal dikwels aanvoer dat hulle meningsopnames wys dat ras eintlik laag op die prioriteitslys van Suid-Afrikaners lê.

Indien die resultate van meningsopnames onleed en geïnterpreteer word, is konteks belangrik. 

Indien u my vandag sou vra wat die vernaamste beleidsvraagstukke in Suid-Afrika is, na my mening, sal ek antwoord (1) ekonomiese groei, (2) korrupsie, (3) werkloosheid (en gepaargaande werkskepping), (4) swak regering (en die meegaande beleidsmeganismes om effektiewe regering te bevorder) en (5) die ineenstorting van openbare dienslewering en infrastruktuur, en dan spesifiek munisipaliteite.

Nêrens verwys ek eens na ras of rassisme nie. Dit beteken egter nie dat ras vir my onbelangrik is nie. Om die waarheid te sê, is ek van mening dat rassediskriminasie teen Wit Suid-Afrikaners die enkel mees dominante identifiserende ideologiese vraagstuk is, die ketting wat deur alle aspekte van die land se samelewing ryg. Die punt is dat my aannames van hierdie rassediskriminasie my indrukke en begrip van al die prioriteite wat ek gemeld het beïnvloed, en uiteindelik bepaal.

Volgens ‘n opname van die Social Research Foudnation, gepubliseer in Maart 2026, is die vernaamste beleidsvraagstukke vir Suid-Afrikaners as volg: 


Dit beteken egter nie dat Suid-Afrikaners nie die geïdentifiseerde beleidsprioritieite deur ʼn rassebril sien nie (om die waarheid te sê, hulle doen). Die onmiddellike illustrasie van hierdie argument, is dat die “oplossing” vir werkloosheid gesien word as rasgebaseerde “regstelling”; met ander woorde, werksgeleenthede moet op ʼn rassegrondslag toegedeel word. Werkskepping deur innovasie en entrepreneurskap onder Swart Suid-Afrikaners word aangemoedig deur pro-aktiewe regeringsondersteuning, en ontmoedig onder Blanke Suid-Afrikaners, deur die herverdelingsvereistes van ras-gebaseerde swart ekonomiese bemagtigingsette. Dit is in wese die onderliggende beginsel van die Wet op Gelyke Indiensneming en die Swart Ekonomiese Magtigingswette. Dit is waar, in ʼn mindere of meerdere mate, vir alle geïdentifiseerde beleidsvraagstukke. 

Tog het meningsopnames oor die afgelope paar jaar aangetoon dat die houding van die meerderheid Suid-Afrikaners oor rasse-bevoordeling oor die afgelope paar jaar verander het. In ʼn opname bekend gemaak in April 2026, het die Instituut vir Rasseverghoudinge bevind dat 70% van respondente van mening was dat apartheid-era rasse-klassifikasie nie meer gebruik moet word deur die regering nie.


Ek dink Suid-Afrikaners, en dan spesifiek Suid-Afrikaners wat gebuk gaan onder armoede, is doodeenvoudig moeg van die korrupsie, swak regering en oneffektiwiteit wat gepaardgaan gegaan het met “transformasie” in Suid-Afrika die afgelope 32 jaar. Daarom het ʼn ongedurigheid met transformasie wetgewing begin intree.

“Meriete”, in die Suid-Afrikaanse konteks, moet binne konteks verstaan word. Meriete moet verstaan word binne die konteks van geïnstitusionaliseerde diskriminasie. Met ander woorde, “meriete” moet toegepas word binne die raamwerk van “regstelling” en “transformasie.” Die wette van die stelsel word bepaal deur rigiede begrip van “transformasie.”

Die Instituut vir Rasseverghoudinge is van mening dat die regering ʼn wanbegrip het van die menings en perspektiewe van die meerderheid kiesers in die land. Ek dink nie so nie; ek dink dit is die liberale IRV (Instituut vir Rasseverghoudinge) wat ʼn ideologiese interpretasie gee aan die resultate van meningsopnames.

Daar is nie ʼn enkele politieke party wat hoofsaaklik deur Swart kiesers ondersteun word, wat nie die beleid van transformasie, en dan spesifiek diskriminasie teen Wit Suid-Afrikaners (“positief” of andersins) onderskryf nie.

Goed dan, kom ons aanvaar, vir ʼn oomblik dat dit wel die geval is met die Demokratiese Alliansie (DA) (alhoewel dit nie is nie). Daar is geen aanduiding dat die party betekenisvolle ondersteuning uit Swart gemeenskappe trek nie.

Die DA se eie statistieke dui aan dat die party se ondersteuningsvlakke in 2022 op 25%. Ondersteuning uit die geledere van Swart kiesers het 8% tot die 25% bygedra, die van die Kleurlingbevolking 7,75%, die Wit bevolking 7,5% en die Indiër bevolking 1,75%, Dit beteken dat die Wit bevolking, wat slegs ongeveer 7,5% van die land se bevolking uitmaak, ongeveer net soveel bygedra het tot die ondersteuningsvlakke van die DA as die land se Swart bevolkingsgroep. (statistiek gepubliseer op die webwerf van die DA op 08 September 2022).

Volgens ontledings gedoen deur Gareth van Onselen, gepubliseer op die Politics webwerf op 24 Junie 2024, het die DA se ondersteuning uit Swart gemeenskappe in die 2024 verkiesing, in vergeleke met die van ander politieke partye in die land, as volg daar uitgesien: 

Dit is wel so dat daar tekens was dat die DA na die BTW fiasko in 2025 vir ʼn tydperk deur hierdie onsigbare ondersteuningsplafon gebreek het. Dit was egter slegs tydelik.

Van Onselen, ʼn hart-en-siel liberalis en ondersteuner van die DA, antwoord die volgende vraag:

“Why is the DA’s black support not more substantial (among Black voters)?”

… met die volgende antwoord, of an argument:

“The answer is complex but in the short term it is that, while the DA is capable of winning the support of a substantial number of Black voters, it cannot seem to hold onto those voters the closer an Election gets. This is a fairly typical pattern for the DA. Outside of an Election, the DA’s support among Black voters is significant. As the Election campaign unfolds, and parties like the ANC, MK and EFF turn on DA (often accompanied by the large sections of the media), and tropes such as it being a “white party”, “racist”, “likely to take SA back to apartheid” are rolled out, those Black South Africans willing to identify as DA voters, tend to opt-out.”

Dit is in lyn met my argument oor die geïnstitusionaliseerde aard van transformasie in die Suid-Afrikaanse politieke stelsel.

Daar is ʼn tweede argument, en dit is dat die DA, op sigself, nie noodwendig die ras-gebaseerdde transformasie narratief verwerp nie. Ek glo dat daar wel diegene in die DA is wat dit doen; en dan veral onder die party se voetsoolvlak ondersteuners. Dit is egter nie die geval in die geledere van die leierskap nie. As jy luister na die argumente van Gordin Hill-Lewis, die huidige leier van die party, en die van die voormalige leier, John Steenuisen, is dit onmiskenbaar duidelik dat daar simpatie is met, en ʼn bepaalde verbintenis tot, ras-gedrewe diskriminasie (dit is, aanvaarding van die dominante narratief aangaande transformasie). Dit is ten spyte van die party se amptelike beleid van “armoede” (of dan maatskaplike status-) regstelling, in plaas van brutale ras-gedrewe regstellende aksie. Aan die einde van die dag sal dit egter, in praktiese terme, neerkom op presies dieselfde gevolg, naamlik ras-gebaseerde diskriminasie; soos tans die geval is in gebiede waar die party regeer.

Dit is ook so duidelik soos daglig dat daar verskillende interpretasies is van "regstelling" tussen die Swart lede van die party se leierskap, en die Wit lede daarvan. Siviwe Gwarube, byvoorbeeld, toon ‘n onmiskenbare groter gewilligheid om ANC- geïnisieerde transformatiewe onderwysbeleid te implementeer as wat die gevoel van die gemiddelde Wit ondersteuner van die party toelaat. Mmusi Maimane, en velerlei ander nie-Blanke leiersfigure, het om hierdie einste rede uit die party bedank.

Ek wil egter die toepassings omvang van die argument uitbrei. Selfs al sou die oorweldigende meerderheid Suid-Afrikaners die diskriminasie verbonde aan transformasie in die land verwerp, sou dit steeds van toepassing bly, en sal Blanke Suid-Afrikaners steeds daaronder ly. Dit is omdat ras die middelpunt van Suid-Afrikaanse politiek is. Alles (in die politiek) draai daarom. Soms word die toepassing uitgebrei na ekonomiese ideologie, soos Sosialisme en Kommunisme, maar dit is altyd ideologie gekontekstualiseer binne ʼn rasse raamwerk. Dit is, met ander woorde, Sosialisme wat ten doel het om reuse herverdeling van bestaande rykdom en bates te bewerkstellig wat Swart Suid-Afrikaners moet bevoordeel, en waarvan Wit Suid-Afrikaners die slagoffers moet wees. Die Kommunistiese argument is blatant: Die staat sal alles vat, maar veral Blanke bates, en dit herverdeel onder Swart Suid-Afrikaners.

Selfs in die Kapitalistiese konteks is die linkse politieke groeperinge in die land se begrip van Swart voorspoed nie die skepping van toegevoegde waarde nie, maar die wegneem van Blanke waarde en die herverspreiding daarvan onder Swart Suid-Afrikaners. Soms neem hierdie ideologie meer genuanseerde toepassings aan, soos om sentrale fondse te skep, wat dan deur Wit rykdom gefinansier moet word ten einde Swart rykdom te skep. Soms is dit baie meer bltante aandrang op herverspreiding, soos reuse  aandele-toekkening insiatiewe wat Blanke werkers uitsluit, of die openlike nasionalisering van wit bates of gebruiksregte ten einde dit oor te dra aan Swart negunstigdes. Soms is dit ras-gebaseerde weerhouding, of toekenning, van lisensies en gebruiksregte.

Die aandrang wat dikwels kom, dat meer Swart miljoenêrs geskep moet word, is gevestig in sodanige begrip van rykdom. “Swart rykdom” word gedefinieerde binne die beperkinge van die geïdentifiseerde kaders en kamerade. Dit is een van die vernaamste redes waarom daar geen kans is dat die ras-gebaseerde aard van Suid-Afrikaanse politiek in die voorsienbare toekoms sal verander nie; omdat diegene wat daaruit voordeel trek, dit nie sal toelaat nie. Daar is ʼn klein groepie, meestal Swart, maar soms ook Wit, Suid-Afrikaners, wat ondenkbaar ryk, of magtig, of beide, geword het deur die beoefening van die ras-gebaseerde politiek van “transformasie.” Dit sluit in velerlei ANC kaders, maar ook lede van verskeie ander politieke partye, insluitend die DA.

Suid-Afrikaanse politiek is gegiet in ras. Suid-Afrikaanse ekonomie is gegiet in ras. Suid-Afrikaanse gemeenskap is gegiet in ras. Suid-Afrika is gegiet in ras.

 Verwysing:

Mapping ANC, DA, MK and EFF support by race. Gareth van Onselen focuses in on the DA's complicated relationship with its black voters and sympathisers. Politicsweb. 24 June 2024. 

Comments

Popular posts from this blog

Grondwetlike Beskerming? Dit hang af van jou ras en kultuur

Ideologie het werklikheid oorgeneem