Die gekkeparadys van "alles sal regkom"
As jy dink die
diskriminasie gaan binnekort tot ʼn einde kom, leef jy in ʼn gekkeparadys.
Die groep “progressiewe”
Afrikaners wat iewers verlede week met die Amerikaanse ambassadeur veragder
het, het aan hom verduidelik dat hulle eerstens Suid-Afrikaners is, en deel van
die gemeenskap wat deur misdaad, ongelykheid en ander vraagstukke gekonfronteer
word.
Dit is nie soos
ek die situasie sien nie. Vir my is die groot verskil dat ek deel is van ʼn klein demografiese
groep tussen die 62 miljoen mense wat uitgesonder word vir benadeling en
diskriminasie; op beide rasse, - sowel as kulturele grondslae. Daar is meer as honderd-en-veertig individuele wette in hierdie
land wat die staat en gemeenskap wetlike verplig om teen my te diskrimineer.
Solank jy
gelykheid en gelykberegtiging ervaar, kan jy altyd argumenteer dat ons moet
saamwerk om ons probleme te oorkom, dat ons almal op gelyke basis getref en
benadeel word deur omstandighede. Indien daar egter deur wetgewende meganismes hiërargiese
in die gemeenskap geskep word, wat jou heel onder aan die prioriteitslys plaas,
en selfs kategoriseer as “verdienstelik om te benadeel”, word jy outomaties
gebrandmerk as “nie deel van die 62 miljoen “ander” nie". Dit maak nie net ʼn verskil
nie; dit maak AL die verskil.
Ek is ʼn
Afrikaner. My voorgeslagte het hulself, as deel van die Franse Hugenote, in
1688 aan die Kaap gevestig. Hulle was setlaars. Enige onregte wat hulle egter
teen Swart Afrikane gepleeg het, oor die meer as 300 jaar wat sedertdien
verloop het, was nie my skuld nie; ek het geen aandeel daaraan gehad nie. Ek
word egter vandag soos ʼn krimineel behandel in die land waarin ek gebore is,
die enigste wat ek ooit as tuiste geken het, oor iets wat voorsate skynbaar
deur die eeue gepleeg het, sonder enige skuld aan my kant. Dit is suiwer rasse
– en kulturele diskriminasie. Suiwer rassisme.
Ek stel nie
belang in enige voorkeurbehandeling oor my ras of kultuur nie, maar ek dring
aan op gelyke behandeling. Gelyk beregtiging beteken dat ek net soveel kans en
geleentheid het om vir ʼn posisie in die staatsdiens in aanmerking te kom; op
grond van my kennis, kwalifikasies en vermoëns. Dit beteken dat ek, as
landsbu8rger met gelyke regte, my eie besigheid kan begin, sonder die alewige
dreigement van lisensie weerhouding en honderde ander meganismes van
diskriminasie indien ek nie die kaders verryk nie. Dit beteken dat ek my eie
besigheid kan bedryf, sonder om voorgesê te word oor wie ek moet aanstel of
bevorder, of van wie ek mag aankoop of nie.
Wat is die
argument dat die voormalig Nasionale Party tussen die jare 1948 en 1990
dieselfde vir Afrikaners gedoen het? Ek het my professionele loopbaan in 1994
begin; vir feitlike hierdie hele tydperk was ek ʼn kind en tiener. Ek het nooit
teen enigiemand gediskrimineer nie; ek het nooit enige aanstelling gekry, of
bevordering, omdat ek ʼn Afrikaner is nie. Ek kan nie aanspreeklik gehou word
vir iets wat iemand anders, ʼn geslag voor myne, gedoen het nie.
Hou in gedagte
dat daar in 1994 vertel was dat ons ʼn skikking met die ANC en ander
vryheidsvegters bereik het, wat sou beteken dat daar nie teen ons gediskrimineer
sou word nie. Ons was geensins “verslaan: nie, nie eens naastenby nie. Maar
nou-ja, die mense wat hierdie beloftes gemaak het, was Roelf Meyer, Leon
Wessels en kie. Met so ʼn boel bymekaar, gretig en gereed om in die sagte
omarmende knusheid van die ANC kader te val, kon jy seker niks ander verwag het
nie.
Buitendien, die
sogenaamde “regstelling” waaraan ek blootgestel was, was geensins die oordra
van “my” geleenthede na “voorheen benadeeldes” nie; dit was die kriminele aanstelling
van ongekwalifiseerde en totaal onbevoegde kamerade, wat aanleiding gegee het
tot die algehele verval van die land op alle vlakke, en in alle gebiede. Dit
was die skaamtelose verryking van die alreeds bevoordeeldes onder die naam van
Swart Ekonomiese Bemagtiging en “staatstenders.” Die meerderheid Swart mense is
steeds arm; nie as gevolg van my nie, maar as gevolg van die bevoordeeldes van “Swart
Ekonomiese Bemagtiging” en “Gelyke Indiensneming.”
My mense word ook
nou in massas, en teen ʼn geweldige versnelde pas, verarm, onder die aandrang
van blatante en growwe rassediskriminasie, gelegitimeer onder die vaandel van “regstelling”
en “Transformasie.” Die geleenthede en bronne wat in die proses beskikbaar kom,
word nie aan die meerderheid Swart Suid-Afrikaners aangebied nie, maar slegs,
en elusief, aan die grypende, bevoordeelde kaders en kamerade, aan die
tenderpreneurs. En, omdat hulle so flagrant arrogant en totaal onbevoeg is,
vernietig hulle waarde op enorme skaal.
Daar word nie
teen my gediskrimineer ten einder Swart Afrikane te bevoordeel nie, maar om ʼn
klein groepie staaskapers en gierige grypenaars te verryk en te beskut teen die
gevolge van hulle misdade. Die land verval, en daar word links-en-regs gesteel.
Alles word regverdig in die naam van “kolnialisme en apartheid.”
As jy van mening
is dat dit binnekort sal beter gaan, leef jy in ʼn droomwêreld.
Alles word
vernietig.
Dit is ʼn kwessie
van tyd voordat grootskaalse grondgrype gaan realiseer. Die gees en gesindheid
in regerende kringe in Suid-Afrika rondom die aangeleentheid is toenemend
fundamentalisties en militant. Dit is nie net die MKP en EFF wie se uitsprake
dui op ʼn naderende ramp nie, maar ook die van die linkse faksie in die ANC. Nie
net dit nie, maar die DA se mening oor nasionalisering sonder vergoeding is
“genuanseer”, en kom baie beslis nie neer op eenvoudige en reguit verwerping
nie. Dit was ʼn DA minister wat agter onlangse intensivering van sogenaamde
“transformasie wetgewing” in die landbousektor sit.
Dit gaan ook nie
net oor grond nie. Die verskuilde taal agter toenemende uitsprake rondom
“ruimtelike beplanning” in stede en dorpe is duidelik: Middelklas woongebiede
moet geïntegreer word met lae-koste behuising. Dit sal eiendomswaarde
vernietig, deels omdat dit misdaad gaan invoer, op veel groter skaal was wat
alreeds ʼn misdaagplaag is.
Die kulturele
marginalisering van die Afrikaner se taal en kultuur word toenemend verskerp.
Die Bela wet se vernaamste doel is om van Afrikaans in die onderwysstelsel
ontslae te raak. Dit is ʼn DA minister wat die implementering van hierdie
wetgewing dryf.
Kyk, jy weet dat
jy in ʼn geweldige netelige posisie verkeer wanneer iemand soos Cyril Ramaphosa
as “gematig” voorgehou word, en die alternatiewe werklik nog erger is.
Ramaphosa is vernietigend en openlik rassisties in sy uitsprake, maar hy is
steeds beter as Panyaza Lesufi en Paul Mashatele. Waar dit Afrikaners? Die Antwoord is: In ʼn
onbenydenswaardige possie, wat as sulks geïdentifiseer en erken moet word.
Die regering het
ʼn geweldige woede en argwaan ontwikkel oor Trump se uitsprake en optrede oor
rasse-diskriminasie in Suid-Afrika. Ramaphosa se identiteit was sterk gevestig
in sy persepie van homself as ʼn internasionale staatsman, iemand wat ver bo sy
land se werklike gewig in die wêreld speel. Trump het hierdie “werklikheid”
vernietig; nie net deur die ANC se persepsie van ditself sedert 1994 as ʼn
morele gesag wêreldwyd te bevraagteken, op grond van die land se rasse-beleid
nie, maar ook deur die land, vir alle praktiese doeleindes, uit die G20 te
skop.
In die middel van
al hierdie verwikkelinge het die Afrikaner gestaan, insluitend Afrikaner-
gebaseerde burgerregte organisasies wat internasionale skakeling met
invloedryke groepe in die VSA gehad het oor die diskriminasie in die land,
sowel as die sluimerende strydbyl oor plaasaanvalle. In die media het
Afrikaners met ongekende openlikheid verset uitgespreek teen die rasse
diskriminasie wat teen hulle gepleeg word, en die verval teweeggebring deur
meer as dertig jaar van korrupsie en wanbestuur deur die ANC regering.
Dit het geweldige
woede in die regering en ander sogenaamde “progressiewe” faksies in die
politiek veroorsaak. Daar is geen aanduiding dat die situasie in die afsienbare
toekoms gaan verbeter nie. Die wetgewende raamwerk vir grootskaalse onteiening
van Afrikaners is in plek. Die uitsprake van senior ANC ministers, insluitend
Ramaphosa, is toenemend antagonisties teenoor Afrikaners. Die DA swaai al meer
na links, en ondersteunde van transformasie, want die party se leierskap het
besluit om te agiteer vir ondersteuning vanuit Swart gemeenskappe, en (in die
proses) die risiko te aanvaar dat hulle tradisionele Afrikaner ondersteuners
mag verloor.
Volgens tendense afleibaar
uit onlangse meningsopnames, is ongeveer die helfte van Afrikaners bereid om
die flagrante rassediskriminasie te aanvaar, as noodsaaklik vir
“transformasie”. Dit is waarskynlik feitlik uitsluitend diegene wat gevestigde
belange in die land het, soos omvangryke bates of posisies verbonde aan die diskriminerende
stelsel in die land.
Die ander helfte
is toenemend geneig tot verset teen die diskriminasie. Dit is meestal diegene
wat al die skerp kant van die diskriminasie in die land aan die lyf gevoel het.
Dit is bloot ʼn kwessie
van tyd voordat meer as 90% van Afrikaners hulself in die tweede kategorie sal
bevind. Moenie bloot my mening hieroor aanvaar (of glo) nie. Gaan sit gerus,
lys die tendense van diskriminerende wetgewing, sowel as die beleid wat eiendomsregte
in gevaar stel, soos dit oor die jare neerslag gevind en geïntensiveer is.
Aan die teensy, lys
die tendense wat daarop dui dat ons afstuur op ʼn positiewe uitkoms.
Nou, vergelyk die
twee lyste.
Daar is slegs een
kategorie van Afrikaners wat uitgesluit kan voel van hierdie tendens, en dit is
die klein groepie wat deel is van die stelsel van “transformasie” (en inderdaad
voordeel daaruit trek). (Proximity to power. Daar is baie rolspelers buite die sigbare leierskap van
die bende wat net soveel, en selfs veel meer mag het as die sigbare gesigte
daarvan, soos Cat Matlala, Hangwani Morgan Maumela,
en [tot sy geheimsinnige dood in ‘n motorongeluk, Gavin Watson).
Daar is Afrikaners
in hierdie groepering (kategorie), maar moet uself nie sommer op oorvereenvoudig
wyse in die kategorie plaas nie. Onthou, die kamerade gee nie ʼn bloue duit om
vir ervaring of bekwaamheid nie (om die waarheid te sê, is dit meestal, en
toenemend, ʼn bedreiging vir hulle). Hulle glo baie sterk in die sê-ding: “Niemand
is onvervangbaar nie.”
Daar is slegs een
vereiste wat u in hierdie kategorie kan plaas, en dit is bewese lojaliteit aan
die dominante diktators in die regerende oligargie. Selfs dan, hou maar altyd
in die agterkop in gedagte dat bekwame diktators nooit permanente lojaliteite
vestig nie; mense is vir hulle nuttig so lank as wat hulle nuttig en voordelig
is. Die oomblik wat hulle te veel aandag trek, word hulle ʼn bedreiging, en
uitgeskop. As jy eers binne was, en dan uit, het jy enorme probleme, Kameraad!

Comments
Post a Comment